LifestyleLocal newsNews

VDM Meat Co. nou ook gerieflik in Drie Riviere

Besoek www.vdmmeatco.co.za vir meer inligting en om jou aanlynbestellings te plaas.

‘n Nuwe hoofstuk in die geskiedenis van VDM Meat Co. breek op Maandag, 22 Augustus aan wanneer hulle nóg ‘n volwaardige slaghuis open: Gerieflik vir inwoners van Vereeniging en Drie Riviere in die Bashee-sentrum.

VDM Meat Co. het in 1995 in ‘n motorhuis in Falcon Ridge ontstaan en het aanvanklilk as Van der Merwe Slaghuis bekend gestaan. Dit is gestig deur mnr. Paul van der Merwe en is ná sy dood in 1999 deur sy seuns oorgeneem. Die slaghuis het gou naam gemaak met sy hoëgehalte produkte en mededingende pryse en het sedertdien gegroei tot ‘n huishoudelike naam. Vandag verskaf VDM Meat Co. werk aan meer as 50 mense.

“Ons is baie opgewonde oor die depot in Drie Riviere wat nou vir die gerief van inwoners van hierdie gebied, ‘n ten volle toegeruste slaghuis word,” sê die eienaars van VDM Meat Co.

“Die deure van ons nuwe slaghuis in die Bashee-sentrum in Basheestraat, reg oorkant die ou poskantoor, open op 22 Augustus vir die publiek. Dit is geleë waar Drie Riviere Vleismark voorheen was. Ons neem die personeel van Drie Riviere Vleismark ook oor, dus sal kliënte nog deur dieselfde vriendelike gesigte en bekwame hande begroet word,” sê hulle.

VDM Meat Co. is besig om in samewerking met die DA en Proudly Three Rivers die hele Bashee-sentrum en omliggende gebied te rehabiliteer.

“Ons het alreeds begin met die skoonmaak van die poskantoor, sypaadjies en middelmannetjies.  Die merk van paaie, regmaak van padtekens, verf van buitegeboue, sekuriteit van die sentrum en plant van bome op die middelmannetjies is nou ons fokus. Inwoners en kliënte gaan binnekort groot veranderinge sien,” sê die Van Der Merwes.

Kliënte kan steeds verseker wees dat hulle by die nuwe slaghuis dieselfde uitstekende diens, hoëgehalte vleis en lae pryse waaraan hulle gewoond is, sal kry.

VDM Meat Co. beoog om in die nabye toekoms ‘n “drive through” diens in Drie Riviere te hê en beplan ook om deur-tot-deur aflewerings te doen.

Woensdae is pensioenarisdae: Pensioenarisse kan hul ID-dokumente saambring om 2,5% korting op dié dae te kry. Op Saterdae word daar gebraai en musiek gemaak by VDM Meat Co!

“Ons sien baie uit daarna om al die ou sowel as nuwe kliënte van diens te wees,” sê die Van Der Merwes.

Hulle wys daarop dat kliënte reeds hul inkopies by VDM Meat Co. uit die gerief van hul eie huise kan doen. Besoek www.vdmmeatco.co.za vir meer inligting en om jou aanlynbestellings te plaas. Alternatiewelik kan bestellings ook per WhatsApp geplaas word.

* Die slaghuis in Falcon Ridge sal in die toekoms hul fabriekswinkel wees en kliënte sal ook steeds al hul gunsteling snitte van bees, vark, lam, hoender, biltong, droë wors en deli-produkte daar kan kry.

Skakel VDM Meat Co. Drie Riviere by: (016) 423 4488 / WhatsApp 066 451 9911.  Die Fabriekswinkel in Falcon Ridge kan gekontak word by: (016) 429-6646 / WhatsApp 079 471 5257.

 

Foto onder – ‘n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die Bashee-sentrum en omliggende area gaan lyk wanneer al die opgraderingswerk voltooi is.

 

 

Foto onder: VDM Meat Co neem nou die gebouruimte in die Bashee-sentrum oor, waar Drie Riviere Vleismark voorheen was.

 

 

*************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button