NewsNews
Hoekies vier 50ste in styl
VANDERBIJLPARK. – Wanneer jy jou 50ste bestaansjaar vier moet jy uithaal en wys. Dit is presies wat Hoërskool Driehoek Vrydag met sy feesdag gedoen het. Duisende Vaaldriehoekers het die fees bygewoon en hulself gate uit geniet. Nie eers ‘n onverwagte koue front kon die feesgangers se geesdrif demp nie. Daar was stalletjies, skaapbraais en tente …
VANDERBIJLPARK. – Wanneer jy jou 50ste bestaansjaar vier moet jy uithaal en wys. Dit is presies wat Hoërskool Driehoek Vrydag met sy feesdag gedoen het. Duisende Vaaldriehoekers het die fees bygewoon en hulself gate uit geniet. Nie eers ‘n onverwagte koue front kon die feesgangers se geesdrif demp nie. Daar was stalletjies, skaapbraais en tente sover die oog kon sien.
Die grootste trekpleister van die fees was die sangers Bok van Blerk en Christia Visser wat nie teleurgestel het nie. Die skool het ook hulde aan die voormalige skoolhoofde van Driehoek gebring wat van sover as George gekom het om saam fees te vier.






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
