Local newsNewsNews

‘n Vrolike Vrouedag – ter wille van die honde

22 Sterilisasies sal met die geld wat ingesamel is uitgevoer word ter ere aan Grace, een van Yvette Wilde se geredde honde wat onlangs dood is.

MEYERTON. – Op Vrouedag, 9 Augustus het ‘n bonte mengelmoes van karakters by die Waterfront Conference Centre opgedaag.

Alice van Alice in Wonderland was daar, die Chester kat, die Haastige Haas en die Koningin van Rooi Harte ook. Verskeie gaste was pragtig getooi in geblomde hoede, krone en tiaras.

Magda Carelse en Caroline. Caroline het haar aan al die maltrap tannies se kaskenades verstom

Die vroue was byeen vir 50 Shades of Spay se jaarlikse fondsinsamelingsdag. Soos Yvette Wilde gesê het, “vandag vergeet ons al ons probleme en ons gaan pret hê.”

Die vroue het heelhartig saamgestem en almal het van meet af geesdriftig meegedoen aan die saamsing en dansnommers. Onder groot gejuig is die besgekledes vir die dag toegejuig.

Die veiling wat onder meer van Yvette se tuisgebakte koeke ingesluit het, het die rande laat inrol en op elke tafel het die spaarblikkies ook hul deel gedoen.

Daar is foto’s geneem by die spesiale fotoplek en lekker geëet. Die saal en tafels was vir die geleentheid volgens tema versier en buite het die teetafel die finale afronding gegee vir hierdie besonderse Mad Hatter’s Teepartytjie.

Grace is deur Yvette aangeneem 14 Februarie 2014 en is op 16 Augustus 2022 oorlede. Sy was ‘n legende en hartesteler van formaat. Foto: Facebook

Aan ons tafel was daar selfs ‘n viervoetige gas, wat haarself uitstekend gedra het en doodstil op haar stoel gesit en alles gade geslaan het.

Nie eenkeer geblaf vir al die tannies en hul kaskenades rondom haar nie.

Die woef het seker geweet al die prettigheid is eintlik vir die honde en katte nie so bevoorreg soos sy nie.

Yvette wat 50 Shades of Spay bedryf, voorsien verskeie gesinne, maar veral honde en katte van kos. Die honde wat sy besoek ken haar so goed, hulle kom uitbundig aangehardloop as hulle haar motor sien aankom.

Die gaste was ook deur die bank diereliefhebbers en buite het die hoop geskenkte honde- en katkos tot ‘n stewige hoop gegroei.

Almal was dit eens dat Yvette en haar span hul weer eens uitstekend van hul taak gekwyt het en daar word reeds na volgende jaar se Vrouedag uitgesien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button