NewsNews

Tina Turner ‘eenvoudig die beste’ by Riviera on Vaal!

Die Tina Turner-huldeblykvertonings het op 19 Augustus by Riviera on Vaal begin en vind elke Vrydag tot en met 16 September plaas.

Niemand sal ooit soos Tina Turner wees nie, want daar is net een van haar.”

Dit is hoe die Amerikaanse kletsprogramaanbieder Oprah Winfrey een keer die sangeres Tina Turner beskryf het.

Die sogenaamde “Koningin van Rock & Roll” is inderdaad enig in haar soort en moeilik om na te boots.

Dit is juis wat die nuwe Simply The Best-huldeblykvertoning by Riviera on Vaal so spesiaal maak, want die span van Shaky Russel, wat die vertoning op die planke gesit het, kom baie bitter naby daaraan om die ware Tina Turner na te boots.

Die vertoning word met soveel energie, passie en uitbundigheid aangebied dat jy verskoon sal word as vir ’n oomblik voel jy is by ’n ware Tina Turner-konsert.

Die reeks huldeblykvertonings het op Vrydagaand 19 Augustus by die On The Vaal-verhoog afgeskop en sal tot 16 September duur.

Die vertonings vind tot en met 16 September elke Vrydagaand vanaf 18:30 tot 22:00 plaas – die volgende vertonings is op 26 Augustus, 2 September, 9 September en 16 September.

Kaartjies kan vooraf bespreek word, beloop R385.00 per persoon en sluit ete in.

Stuur ’n e-pos aan info@rovresort.co.za, skakel (016) 100-5027 of besoek bit.ly/EventsROV vir meer inligting en besprekings.

Ervaar Vrydae die “Koningin van Rock & Roll” by Riviera on Vaal. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button