NewsNews

Boer: ‘Help! Die bure ontlas op ons plaas!’

'n Boer van die Midvaal-omgewing sit met sy hande in sy hare omdat inwoners van die naburige plakkerskamp gereeld op sy plaas ontlas.

MIDVAAL. – Corné Kriek van die plaas Silwer Eike, buite Henley-on-Klip, sê die bure klim oor sy grensdraad en doen skaamteloos hul ding in die veld.

Hy vrees vir die dag wat een van sy beeste siek gaan word as hulle in die veld, wat tans as ‘n toilet gebruik word, wei.

Dit kos volgens hom tussen R15 000 en R20 000 vir ‘n bees.

As een van my diere vrek gaan dit ‘n geweldige verlies wees,” sê Corné.

Volgens Corné het hy al die bure oor hul gewoontes aangespreek, maar hulle het glo hul spreekwoordelike alies daaraan afgesmeer.

Dit help nie om klagtes van betreding by die polisie te lê nie, wat hiervan kom niks, meen Corné.

As ‘n student van Stellenbosch op iemand se rekenaar piepie maak almal ‘n goot ophef daarvan, hierdie mense ontlas daagliks op ons eiendom en niemand rep ‘n woord nie.

Die saak is volgens Corné al met die munisipaliteit (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit) opgeneem, maar daar word niks gedoen nie.

Die munisipaliteit lewer selfs vir die onwettige plakkers water af,” sê Corné omgekrap.

Volgens Corné Kriek lewer die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gereeld vir die onwettige plakkers water af. Foto: Verskaf

As ‘n student van Stellenbosch op iemand se rekenaar piepie maak almal ‘n goot ophef daarvan, hierdie mense ontlas daagliks op ons eiendom en niemand rep ‘n woord nie,” sê Corné se pa, die 78-jarige Hannies Kriek.

Ander probleme sluit in betreding, diefstal van grensdrade, pale en enige soort metaal wat die bure hul hande op kan kry.

Aan die ander kant van die Krieks se eiedom is die stortingsterrein buite Henley-on-Klip waar mense onwettig plak en net so erg steel.

Aan hierdie kant word hul grensdrade, sinkdakke van skure en al wat metaal is glo gesteel.

Die plakkerskamp binne die stortingsterrein. Plakkers van hierdie kamp steel glo die Krieks se grensdrade en dakke. Foto: Christiaan Cloete

In 2021 het Vaalweekblad berig hoe miljoene rande se wintervoer op die Krieks se plaas aan die brand gesteek is nadat die polisie ‘n onwettige sjebien in die omgewing gesluit het.

Daar word vermoed dat die voerbale uit weerwraak aan die brand gesteek is.

Ons boer al veertig jaar hier. Ons het onwettige plakkers aan die een kant van ons grond, ons het onwettige plakkers aan die anderkant van ons grond. Aan die een kant knip hulle ons grensdrade en steel hulle ons pale, aan die ander kant knip hulle ook ons drade en ontlas op ons grond.”

Hulle doen wat hulle wil,” sê Corné moedeloos.

Uitgedroogte menslike ontlasting op die plaas Silwer Eike. Foto: Christiaan Cloete
Beeste op die plaas Silwer Eike. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button