Local newsNewsNews
Inwoners sonder water nadat pyp bars
Inwoners van Drie Riviere moet hulle staal vir 'n nag sonder water, want 'n hoof toevoerpyp van Rand Water het Woensdagmiddag (24 Augustus 2022) gebars.
VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere was verlede week vir vier dae sonder krag en moet nou boonop gereed maak vir ten minste ‘n aand sonder water.
Die pyp het naby Kubali Estate gebars.
(Die woonkompleks is steeds glo sonder krag nadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se transformator by die Risiville-substasie aan die brand geslaan het verlede week, nou is daar ook nie water nie).
Volgens Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, kan herstelwerk eers Donderdagoggend (25 Augustus 2022) begin.
Die water spuit uit die pyp soos ‘n fontein.
Inwoners word aangeraai om hul geysers af te skakel om skade te vermy.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
