Wanneer dit tyd is om jou geliefde dierekind te groet…
Rainbow Bridge, die eerste private en eksklusiewe diere-verassingsdiens in Vanderbijlpark, staan jou by om met liefde en waardigheid vaarwel te sê.
Vir meeste diereliefhebbers is hul troeteldiere veel meer as net ‘n lewende asempie in en om die huis. Jou geliefde troeteldier is mos byna soos ‘n menslike familielid of vriend met wie jy ‘n hegte band het. Ongelukkig kom daar ook ‘n tyd wanneer ons ons diere aan die dood moet afstaan.
Rainbow Bridge, die eerste private en eksklusiewe diere-verassingsdiens in Vanderbijlpark, verstaan hierdie hartseer en staan jou by om met liefde, respek en waardigheid vaarwel te sê.
Rainbow Bridge kan die liggaampie self by jou huis kom haal vir die verassing. Troeteldiereienaars het dan ‘n keuse of hulle die as wil terugkry in ‘n netjiese houertjie, en of die organisasie dit self moet strooi. Daar is ‘n verskeidenheid keuse tussen houertjies en strooi-sakkies.
LET WEL: Indien ‘n troeteldier by ‘n veearts te sterwe kom of uitgesit word, mag die diertjie se eienaar spesifiek vir die veeartspersoneel vra dat die verassing deur Rainbow Bridge behartig word.
Bewaar gerus Rainbow Bridge SA se besonderhede vir die dag dat jy hulle nodig kry:
074 222 0777
admin@rainbowbridgesa.co.za








