NewsNews

ATKV-Sasolburg raap toekenning op

SASOLBURG. – Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Kultuurkuier 2022 het van 15 tot 18 Augustus by ATKV Klein-Kariba plaasgevind. Meriete toekennings word jaarliks op verskillende gebiede toegeken. Hierdie toekenning gee erkenning aan die ATKV takke vir hul betrokkenheid op verskeie gebiede in hul gemeenskap. Sowat 300 takke is betrokke. Die ATKV het 19 Augustus …

SASOLBURG. – Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Kultuurkuier 2022 het van 15 tot 18 Augustus by ATKV Klein-Kariba plaasgevind.
Meriete toekennings word jaarliks op verskillende gebiede toegeken. Hierdie toekenning gee erkenning aan die ATKV takke vir hul betrokkenheid op verskeie gebiede in hul gemeenskap. Sowat 300 takke is betrokke.
Die ATKV het 19 Augustus vanjaar sy 92ste bestaansjaar gevier. Die ATKV is ‘n moderne voorlopermaatskappy wat dit regkry om op ‘n volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang te kweek en sodoende te verseker dat die Afrikaanse lewende erfenis uitgebou en bewaar word.
Die ATKV se Sasolburg-tak het tydens dié Kultuurkuier ‘n merietesertifikaat van erkenning vir ‘n tak met ‘n hoë vlak van funksionaliteit ontvang.
Om by die projekte van die ATKV betrokke te raak of om aan te sluit, kontak gerus vir Pollie Massyn, voorsitter van dié ATKV-tak by 083 639 2423 of Charmaine Hattingh, die tak se sekretaris, by 082 769 2825.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button