NewsNews

Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging spog met jaarwenners

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging het onlangs sy jaar-kompetisie gehou waartydens die lede hul 10 beste foto’s van die afgelope jaar kon inskryf.

Die algehele wenners in die verskillende Ster-graderings en kategorieë is deur onafhanklike beoordelaars uit ‘n ander streek aangewys.

Die onderskeie wenners van die verskillende graderings is:
1 Ster – Libbie Martiz
2 Ster – Madré Fourie
3 Ster – Chris Bester
4 Ster – Elsje Vermeulen
5 Ster – Suzie de Beer
Hoër as 5 Ster – Haig Fourie.

Die jaarwenners is agter van links: Madrè Fourie, Elsje Vermeulen, Francois Roux, Libbie Martiz, Suzy de Beer, Neville Hein en Rika Schoeman. Voor van links is: Renèe Storme, Haig Fourie en Koos Fourie (klubvoorsitter).

Die beoordelaars het ook ‘n wenfoto in die senior (4 Ster – Meester) en junior (1 tot 3 Ster) aangewys.
Renèe Storme se foto “Moving clouds” was as die senior en totale wenfoto aangewys en Chris Bester se “Hawk” as die junior wenfoto.

Die Werker van die Jaar in die verskillende Ster-graderings is ook aangewys:
1 Ster – Alancha Bakkes
2 Ster – Madré Fourie
3 Ster – Rika Schoeman
4 Ster – Neville Hein
5 Ster – Johan Joubert
Hoër as 5 Ster – Francois Roux

Die klubvoorsitter het jaarliks die voorreg om ‘n tema vir die voorsitterstrofee aan te kondig. Die tema was “Water” en Suzy de Beer se foto “Laat die water spat” was die wenner.

Suzie de Beer se foto: Laat die water spat.

Vir uitslae en verduideliking van hoe wenners aangewys word, besoek ons opwindende, opgedateerde webtuiste https://www.vdbp-photo.org/

Daar verskyn ook gereeld inspirerende foto’s en berigte. Klubaande vind op die derde Vrydagaand van elke maand plaas en begin om 18:30.

Kontakpersoon: Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za
Besoek ook hul Facebookblad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub.

Renèe Storme se foto “Moving clouds”.
Chris Bester se “Hawk”.
“Ruzaan” een van Francois Roux se pragtige inskrywings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button