MEYERTON. – Dit is een groot huis wat in twee woonstelle verdeel is.
Volgens Johanna Erasmus, een van die inwoners, is geen mens beseer nie.
Een van die inwoners se troeteldiere het blykbaar in die brand omgekom.
Die persoon was glo nie tuis nie en is van Durban af na Meyerton op pad.
Volgens Erasmus was sy besig om ‘n woonstel op die perseel reg te kry vir nuwe huurders toe die brand ontstaan het.
Jolene Booysens Mong, ‘n famielid van Erasmus, sê Erasmus, haar tannie, het alles in die brand verloor.
Die brandweer is ontbied maar volgens Erasmus was daar nie onmiddelik water beskikbaar nie.
Vaalweekblad het navrae aan Hannes Steyn, Midvaal se brandweerhoof, gerig, maar ons het nog nie terugvoer ontvang nie.
Ons sal die berig opdateer sodra ons meer inligting het.
Dit is tans onbekend presies hoe die brand ontstaan het.
