Local newsNewsNews

Orrel-marathon vandag by NG Driehoek

27 Augustus 2022 - dis tyd vir die Vaal se eerste orrel-marathon.

VANDERBIJLPARK. – Die dag van die groot orrel-marathon het aangebreek! Franz Geldenhuys speel van 07:00 tot 19:00 vandag ‘n verskeidenheid van musiekstukke op die kerkorrel van NG Driehoek Gemeente in Vanderbijlpark.

Die groot marathon, om fondse in te samel vir noodsaaklike onderhoudswerk op die klassieke pyporrel, gaan saam met die gemeente se basaar wat ook vandag plaasvind.

Daar is ook ‘n teetuin in die kerksaal waar skilderye besigtig kan word terwyl daar na die mooi musiek geluister word.

Franz gaan ‘n hele mengelmoes van genres speel, so moenie net klassieke orrelstukke of kerkmusiek verwag nie.

Vir meer besonderhede, gaan maak gerus ‘n draai op die Facebookblad, @MyNGDriehoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button