Valies voltooi Comrades Marathon
Knapgedaan aan Vaalweekblad se joernalis, Christiaan Cloete en al die ander atlete wat vandag die Comrades Marathon voltooi het
Die 95ste Comrades Marathon het op Sondag, 28 Augustus 2022 plaasgevind. Hierdie jaar het die atlete die 89.9 km vanaf Pietermaritzburg na Durban aangedurf.
Meer as 14000 atlete van oor die 70 lande het deelgeneem. Natuurlik was daar dapper Valies tussen die massas.
Die Vaal Atletiekklub het die jaar 9 lede gehad wat die uitmergelende tog aangedurf het.
Een van hulle was MooiVaal Media se eie Christiaan Cloete. Hy het sy 14de Comrades kafgedraf. Welgedaan, ons is trots op jou!

Laerskool Kollegepark se hoof, Coenie Herbst (Nedbank Running Club AVT) het sy 28ste Comrades voltooi in ‘n tyd van 11:07:59*

Van die Vaal Atletiekklub het Jacques Burger die beste gevaar. Hy het die eindstreep bereik in 08:18:46. Sy doelwit was 08:30. Dit was sy 10de Comrades en daarmee het hy dan ook sy permanente nommer verdien.
Daarna het daar twee ure verloop voordat Armand Strydom die eindstreep gehaal het in ‘n nie-amptelike tyd van 10:06:20. Dit was Armand se eerste Comrades en hy het gehoop om dit in 10:30 te doen.
Gavin Murphy en Johan Claassen volg kort op mekaar se hakke met tye van 10:50:56 en 10:51:06 onderskeidelik. Gavin het sy 10de Comrades voltooi en Johan sy tweede.
*Al die tye is nie-amptelik soos verkry op die webtuiste: www.comrades.com
