NewsNews

Die grotes wou nie hoek vat nie!

SASOLBURG. - Hap en Kap Hengelklub het op 27 Augustus sy maandelikse klubkompetisie by Van Driels, Vaaldam, gehou. Dit was 'n lekker somersdag en die 13 hengelaars teenwoordig het hoë verwagtinge gehad.

Ongelukkig was die visse maar traag om hoek te vat. Daar is baie klein vissies gevang, maar die lekker grotes was maar skaars.

Slegs 53 vis met ‘n gewig van 26,650kg kon ingeweeg word vir punte.

Die swaarste spesies vir die dag was:

Karp 3,025kg – Tennyson Colleskey (hy wen ook die lootjie);  graskarp 0,820kg – Pieter de Klerk;  moddervis 0,930kg –  Coenie Hamman.

Die individuele wenners vir die dag was:

Meesters – Johan Pieters met 10 vis 3,215kg;  Seniors – Dawie Janse van Rensburg met 11 vis 5,490kg; Dames – Sonja Janse van Rensburg mt 2 vis 0,935 kg en Penkoppe – Wihandré met 5 vis 2,275 kg.

Die volgende klubkompetisie is op 24 September by Kollege plaas, Vaaldam.

Leon Meyer het die mooi foto langs die viswaters geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button