Local newsNewsNews

Potjiekosfees by V-Town Fitness

Potjieskos is eg Suid-Afrikaans en 'n potjiekoskompetisie is altyd 'n lekkerte.

VANDERBIJLPARK. – Dit het behoorlik gekook op Saterdag, 6 Augustus by die V-Town Fitness Sentrum.

Daar is ‘n groot potjiekoskompetisie aangebied en mense het van heinde en verre gekom om die dag te ondersteun ten bate van nuwe toerusting vir die sentrum.

Groep Vuur het die Potjiekoskompetisie gewen

Die beoordelaars, Riaan Groenewald en Danie Wessels van Economic Slaghuis, het behoorlik kopgekrap en lekker geëet om op die wenners te besluit.

Uiteindelik het Groep Vuur bestaande uit Jaco Nortjé en Coen Vliestra as wenners uit die stryd te tree.

Terwyl die volwassenes om die potte gekuier het, kon die kinders van hul ekstra energie ontslae raak op die springkasteel.

Daar was ook slush puppies, spookasem en ‘n springmieliemasjien spesiaal vir die jongspan.

Boeremusiek het bygedra om ‘n kuier atmosfeer te skep.

Christo du Plessis kry sy potjie aan die kook

V-Town Fitness Sentrum se eienaars, Christo en Yolandi du Plessis het almal bedank vir hul bydrae tot ‘n baie lekker en suksesvolle dag.

“Ons sou dit nie sonder ons borge kon doen nie. Hulle was Stewards & Lloyd, Vaaldriehoek Plumbing, Nukleus onderwys, 22 North Pty, S&I administrators en makelaars, Ansie Mienie, Nadine- All About en Gas Monkey in Vanderbijlpark.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button