Local newsNewsNews
Mooi meisies, lenteblomme en opwinding by Deneysville
Dinge het warm geraak in Deneysville by die Vaaldam – en hier praat ons nie net van die lente-temperature nie...
DENEYSVILLE. – Nege meisies van Deneysville en omliggende gebiede het die kwik laat styg en harte vinniger laat klop toe hulle op Saterdagoggend 3 September die loopplank bestyg het.
Die Mej. Lente en Mnr. en Mej.Vaal Liquor Market-skoonheidskompetisie het vir groot opwinding in hierdie Vrystaatse dorpie langs die Vaaldam gesorg.
Die 19-jarige Kefilwe Motaung van Sharpville is as Mej Lente gekroon, terwyl Hope Mahlasela as eerste prinses gekroon is.
Deneysville se eie Dane Prinsloo is as die derde prinses gekroon.
Die wenners van die Mej. Lente en Mnr. en Mej.Vaal Liquor Market-skoonheidskompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
