NewsNews

Digte rookwolk in Vereeniging was brandende bus

'n Digte rookwolk kon Saterdagaand in Vereeniging in die lug gesien word, maar dit was gelukkig net 'n waaghalsvertoning by die Ultimate Outlaws Raceway wat hiervoor verantwoordelik was.

Toekskouers by Saterdag se Ultimate Outlaws-byeenkoms by die Vaal Skougronde was bederf met baie opwinding.

Behalwe vir al die aksie op die baan, was daar ook groot opwinding toe Johan Laurier deur ‘n brandende bus met sy motor gejaag het.

Volledige uitslae oor die byeenkoms in die week se Vaalweekblad.

Hier is ‘n fotobeeld van die waaghalsige gebeure en die gespook om die vuur te blus.

Foto’s: Elsje Vermeulen

Johan Laurie kort voor hy die waaghalsie toertjie aangepak het.
Johan bars met sy motor deur die brandende bus.
Johan wys vir die toeskouers hy is ongedeerd.
Daar word gewerfskaf om die vuur te probeer blus.
Die vlamme begin effens minder word.
Nadat die vlamme geblus is, is daar met die wedrenne voortgegaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button