Local newsNewsNews

Eureka Revue gaan besonders wees!

Die Eurekaskool hou revue en dit beloof om 'n belewenis te wees wat die lagspiere gaan prikkel en die hartsnare gaan roer.

VEREENIGING. – Die Eurekaskool vir kinders met erge fisiese en intellektuele gestremdhede bied op 21 en 22 September ‘n Revue aan. Die tema is The New Journey.

Die Revuekoördineerder, Rika Dippenaar, sê al die skool se leerlinge gaan deelneem. “Ons neem die mense op ‘n nuwe reis. Die slegte dinge van onder andere die Covid-pandemie is verby en nou kan ons almal op ‘n nuwe reis gaan.”

Die Graad R-leerlinge gaan die musikale aand afskop met ‘n uitvoering van The Circle of Life uit die welbekende The Lion King.

Daarna gaan elke graad die geleentheid kry om hul talente ten toon te stel. Die een klas het ‘n boks-liedjie en ‘n ander gaan ‘n gum-boots-dans doen.

Elke klas oefen reeds baie hard aan hul onderskeie items, wat alles van danse tot by sang insluit. Daar sal ook instrumentale nommers wees.

Vir die mense wat die Revue op 22 September gaan bywoon wag daar ‘n ekstra verrassing. Die skool se personeel is ook hard besig om aan ‘n spesiale nommer te oefen!

Kom droom en reis saam met die leerlinge van Eurekaskool. Soos Johan Lennon gesê: “Life is what happens when you are making other plans. Here’s to a wonderful exciting and amazing journey for you.”

Die besonderse reis saam met Eureka word by die Laerskool Handhawer gehou. Die vertoning begin beide aande om 18:00 en kaartjies beloop R50 per persoon.

Bespreek jou kaartjies vir die besonderse geleentheid by Santie Sauermann. Skakel 073 181 4096 gedurende kantoorure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button