Local newsNewsNewsSport

Kotze kraai koning by Spring Fast One-begfietsren

Daniel Kotze van die Bester Performance-Titan Racing-span het Sondag die Spring Fast One-begfietsren oor 70km by Café du Cirque in Daleside gewen.

DALESADE. – Kotze het die wedren in ‘n tyd van 02:24:25 gewen en ‘n gemiddelde spoed van 29.1 km/uur oor die roete gehandhaaf.

Die Bloemfonteiner het ná die wedren gesê hy het vol selfvertroue vir die fietswedren aangetree, maar begin dink die oorwinning gaan hom ontglip toe twee ryers weggebreek en vooruit gegaan het.

Ek het gesien ek is stadig maar seker besig om hulle in te haal. Ek het ‘n reusepoging aangewend en hulle uiteindelik ingehaal.”

Kotze is daarna verby die twee ryers en het alleen klaargemaak.

Andries Nigrini van die TEG Procycling-span het bykans twee minute na Kotze in ‘n tyd van 02:26:46 klaargemaak.

Ruan England van die Cycle Power-span moes met ‘n derde plek tevrede wees nadat hy tydens die bergfietsren geval het. Die fietsryer van Vereeniging het in ‘n tyd van 02:33:34 klaargemaak.

Karlise Scheepers het die 70km-dameswedren gewen in ‘n tyd van 02:54:50 gewen. Brigitte Joubert (02:58:37) was tweede en Bianca Nel (03:00:06) derde.

Emile van Niekerk (01:19:26) het die 40km-wedren vir mans gewen en Bonny Swanepoel (01:29:04) die 40km-wedren vir vroue.

Die volledige uitslae is by https://results.finishtime.co.za/ beskikbaar.

Andries Nigrini het ‘n tweede plek in die 70km-bergfietswedren behaal. Foto: Christiaan Cloete
Ruan England moes met ‘n derde plek tevrede wees nadat hy grond tydens die bergfietsren gekoop het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button