NewsNews

1 726 vis met ‘n gewig van 2 277,34 kg ingeweeg

Twee groot hengelkompetisies is onlangs by Riviera, Vaaldam in Oranjeville gehou. Die Vrystaat Kampioenskappe is op 10 September en die Vrystaat Liga finaal op 11 September gehou. Daar was altesaam 1 726 vis met 'n gewig van 2 277,34 kg ingeweeg vir punte.

Tydens die Vrystaat Kampioenskappe het 182 hengelaars deelgeneem wat 990 vis (1286,01kg) ingeweeg het.

Die swaarste spesies was: graskarp – Bennie Bergman 8,620 kg, karp – MA Gruindelingh 3, 960kg, moddervis – Adel de Wet 2,440kg, baber – LC vd Westhuizen 14, 20kg.

Chris Noordman het ‘n grootbek geelvis van 3,8 kg gevang. Die vis was slegs geweeg en word nie aangeteken vir punte nie aangesien dié spesie op die lys van bedriegde spesies is. Die vis is weer dadelik in die water terug geplaas.

Michael Meyer en Meandro Pieters van die Hap en Kap Hengelklub o/13 (penkop span) het ook deelgeneem.  Meandro het algeheel eerste geëindig en Michael in die 5de plek. Hul eindig ook as span ook in die eerste plek. Meandro het 14 vis (13,020kg) ingeweeg en Michael 3 vis (2,4kg).

Meandro Pieters (L) en Michael Meyer (R) tydens die Vrystaat Kampioenskap.

Tydens die kompetisie het LC vd Westhuizen die meeste en swaarste sak vis, (23 vis 82,3kg) ingeweeg.

Tydens die liga op 11 September het 121 hengelaars deelgeneem. In totaal is 736 vis met ‘n gewig van 991,33kg ingeweeg.

Die swaarste graskarp was gevang deur ‘n junior hengelaar van Western Holdings Hengelklub van Welkom, L Henning (10,860kg).

F Spyer van Taaibos Hengelklub het ‘n baber van 16kg ingeweeg.

Hap en Kap Hengelklub se penkopspan, Lex Jordaan en Michael Meyer, het in die tweede plek geëindig in hul afdeling. Lex het individueel die tweede plek behaal en Michael die derde plek.

Lex het 3 vis (3,680kg) ingeweeg en Michael 2 vis (4,5kg). Michael het ook sy persoonlike rekord vir ‘n graskarp van 3,260kg ingeweeg.

Barend Breedt vang en weeg die meeste vis tydens die wedstryd in (24 vis – 64, 34kg).

Tydens die liga finaal was daar ook ‘n gestremde afdeling waar Anton Robarts van Bloemfontein deelgeneem het. Hy het 4 vis met ‘n gewig van 3,320kg ingeweeg.

Michael (L) en Lex Jordaan (R) tydens die liga finaal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button