NewsNews
Area rondom EcoPark opgeknap
SASOLBURG. - Plaaslike inwoner Lenord le Hanie en sy opruimingspan het onlangs hul energie, voertuig en fondse ingespan om die rommel wat vanuit bewegende voertuie en voetgangers gestrooi word, rondom die EcoPark teenaan die R57 en die Vaalpark woongebied op te ruim.
Lenord en sy span vorm deel van die Eco Telos – Solar se gemeenskapsinisiatief bekend as “Die Drie-Punt-Houding” om die Vaaldriehoek netjies en skoon te hou.
Hulle daag almal wat klein tot groot besighede in die Vaaldriehoek bedryf om een dag per maand so ‘n soortgelyke aksie te doen.
“‘n Kollektiewe gesindheid is veel kragtiger as ‘n selfsugtige ‘don’t care’ houding,” sê Lenord. Hulle hoop om mense aan te spoor en die gesindheid te kweek om nie rommel te strooi nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
