Local newsNewsNews

Distrikskommissaris bevorder meer as 100 polisiebeamptes

Meer as 100 polisiebeamptes van die 14 polisiestasies in die Sedibeng-distrik is Woensdag (16 November 2022) tydens 'n parade voor die polisie se Quinlin-gebou in Merrimanlaan in Vereeniging amptelik bevorder.

VEREENIGING. – Volgens kapt. Fikile Funda is altesaam 48 konstabels tot die rang van sersant bevorder, terwyl 64 sersante tot die rang van adjudant offisier bevorder is.

Die bevordering is gebasseer op die offisiere se jare van diens aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Maj. genl. Zodwa Molefe, die polisie se distrikskommissaris vir die Sedibeng-distrik, het die parade bygewoon en het van die beamptes se range aan hulle oorhandig voordat sy moes vertrek het om ‘n gedenkdiens van ‘n polisieoffisier in Orange Farm by te woon.

Molefe het die beamptes geluk gewens.

Die bevordering wat julle vandag kry gaan nie net oor ‘n verhoogde salaris nie. Die hele manier wat julle jul werk doen sal ook moet ook verander,” het Molefe tydens ‘n kort toespraak gesê en verduidelik dat daar met ‘n hoër rang meer van die beamptes verwag word.

In hierdie distrik ly die mense erg onder misdaad. Julle moet julle bes doen,” het Molefe die beamptes gevra.

Dit gaan alles oor dienslewering,” het sy gesê.

Molefe het ook aan die beamptes meegedeel dat sommige van hulle verskuif gaan word na polisiestasies waar daar ‘n behoefte is.

Altesaam 48 konstabels is na die rang van sersant bevorder. Foto: Christiaan Cloete
Offisier Thope Shumang van Vereeniging-poilsie word bevorder tot die die rang van adjudant offisier. Foto: Christiaan Cloete
Offisier Venter van Kliprivier-polisiestasie word bevorder na adjudant-offisier. Foto: Christiaan Cloete
“Met ‘n hoër rang kom meer verantwoordelikheid en meer word van offisiere verwag,” verduidelik Maj Generaal Zodwa Molefe. Foto: Christiaan Cloete
Polisiebeamptes staan op aandag voor die polisie se administratiewe gebou in Merrimanlaan. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button