MEYERTON – Die netbalspanne van Hoërskool Dr. Malan en Hoërskool Transvalia het Donderdag 28 Mei by Dr. Malan se netbalbane in ’n stewige reeks ligawedstryde teen mekaar te staan gekom, met die Dokkies wat oor die geheel ’n sterk vertoning gelewer het.
Dokkies se eerstespan het veral uitgeblink en die bordjies verhang na verlede jaar se naelskraapse nederlaag teen Valia.

Die eerstespan het hierdie keer Valia met ’n oortuigende eindtelling van 32–14 geklop.
Vir verskeie matriekspelers was die wedstryd egter emosioneel betekenisvol, aangesien dit hul laaste beurt in Dr. Malan se kleure was.

Onder hulle is kapteine Kaitlyn van Wyk, Mullerine Bronkhorst en Cheanré Jacobs, wat hul skoolloopbaan op die netbalbaan op ’n hoogtepunt afgesluit het.
Die volledige uitslae is as volg:
*o14A: Hoërskool Dr. Malan 30–12 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)
*o14C: Hoërskool Dr. Malan 17–26 Hoërskool Transvalia (Transvalia wen)
*o14B: Hoërskool Dr. Malan 12–15 Hoërskool Transvalia (Transvalia wen)
*o15A: Hoërskool Dr. Malan 14–16 Hoërskool Transvalia (Transvalia wen)
*o15B: Hoërskool Dr. Malan 4–21 Hoërskool Transvalia (Transvalia wen)
*o16A: Hoërskool Dr. Malan 28–16 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)
*o16B: Hoërskool Dr. Malan 20–19 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)
*o17A: Hoërskool Dr. Malan 22–18 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)
*o17B: Hoërskool Dr. Malan 6–5 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)
*Tweede span: Hoërskool Dr. Malan 19–15 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)
*Eerstespan: Hoërskool Dr. Malan 32–14 Hoërskool Transvalia (Dr. Malan wen)



