Belgiese ensemble by die ERT
Eenmalige kans om die talentvolle manne van België in aksie te sien in Sasolburg. Lees meer...
SASOLBURG. – Die Etienne Rousseau Teater skop die jaar af met ‘n vertoning van die Les Violons de Bruxelles al die pad van België.
Die talentvolle groep is tans op toer in Suid-Afrika en sal Vrydag, 10 Maart in Sasolburg te sien wees.

Die jongmanne voer jou terug na ‘n ander era. Jy sal voel jy is terug in die 1920’s.
Kyk hier na een van hul video’s.
Dis ‘n kombinasie van swing, gypsy jazz, Latynse ritme en klassieke verwerkings.
Die manne weet hoe om die viole te laat praat en elkeen se unieke persoonlikheid skemer deur in elke stuk wat hul speel.
Kaartjies kan by ertickets.com bespreek word. Die vertoning begin om 18:30 en die kostes beloop R200 per persoon of R150 vir pensioenarisse.
