Local newsNewsNews

Midvaal bied Fit to Fight Fire-uitdaging in Mei aan

Die Midvaal-brandweer sal op Saterdag 27 Mei 2023 die Fit to Fight Fire-kompetisie, 'n fiksheidsuitdaging vir nooddienswerkers, by die Midvaal-sportsentrum in Meyerton aanbied.

MEYERTON. – Meer as 200 deelnemers (daar sal spankompetisies wees) en sowat 2 500 toeskouers word volgens die organiseerders, mnr. Morné Mommsen en mnr. Tertius Engelbrecht, by die geleentheid verwag.

Die Fit to Fight Fire-kompetisie beloof om ‘n prettige dag te wees met stalletjies, kos en ‘n speelarea met ‘n springkasteel vir kinders.

Die polisie se perdry-eenheid, honde-eenheid, brandweerwaens, branduitstallers, sowel as die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal ook teenwoordig wees.

Demonstrasies sal op die dag gehou word en opvoedkundige lesse oor die gevare van vuur in en naby huise sal aangebied word.

ACCESS Professional Development sal ook ‘n demonstrasie lewer oor hoe om giftige slange te hanteer.

Jy kan die reëls, inskryfforms en verdere besonderhede kry deur op die volgende skakel te klik en dan op die foto’s te klik.

https://www.frimedia.org/fri-newsletter-3-march-midvaalchallenge.html

Skakel Morné Mommsen by 076 150 0037 of Tertius Engelbrecht by 072 197 2700 vir verdere inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button