Local newsNewsNews

Emfuleni stel duur werkswinkel af ná druk van VF Plus

Die munisipaliteit het ‘n werkswinkel vir 13 en 14 Maart by die Lakefield-konferensiesentrum in Benoni langs die OR Thambo-lughawe beplan. Die werkswinkel het oornaggeriewe ingesluit.

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het intussen sy beplande duur en luukse werkswinkel vir die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) na ʼn goedkoper lokaal verskuif ná druk van die VF Plus.

VR Plus-raadslid Gerda Senekal het in ‘n mediaverklaring die VF Plus het in ʼn skrywe aan die munisipale bestuurder, April Ntuli, geëis dat die beplande werkswinkel afgeskaf word weens Emfuleni se reeds benarde finansiële situasie.

Skrywes hieroor is ook gerig aan die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Mzi Khumalo, en die LUR vir tesourie, Jacob Mamabola.

Die VF Plus het voorgestel dat die werkswinkel na die Vereeniging-banketsaal verskuif word om kostes te bespaar. Dit is dan ook nie noodsaaklik vir die 110 raadslede en amptenare om van oornaggeriewe gebruik te maak nie.

“Die ANC kan nie luukse werkswinkels beplan terwyl die Emfuleni-munisipaliteit nie sy personeel kan betaal, sy grootmaatverpligtinge aan Eskom en Randwater nakom en dienslewering totaal afgeskaal is nie.

“Die VF Plus hou ʼn wakende oog oor die ANC-beheerde Emfuleni-munisipaliteit en sal nie huiwer om sy stem dik te maak om onderdeurdagte besluite te stop nie,” het rdl. Senekal gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button