Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Die Vaalweekblad is vanaf Woensdag, 15 Maart te koop. Lees hier wat jul uit my pen te wagte kan wees.

Die Vaalweekblad spog weer die week met vele stories en groot dinge soos reuse pampoene.

Kleinsus Antjie is opgewonde want sy het gehoor haar naam is die antwoord op een van die Blokraaivrae. Oeps, ek was nie veronderstel om dit vir julle te vertel nie…

Allegeval, die einste Antjie het verlede week my gryshare tienvoudig vermeerder toe sy baie skielik baie siek geword het. Lees meer in my rubriek, Ek sê maar net op bl. 12.

Met internasionale vrouedag wat op 8 Maart gevier is, was dit lekker om by ‘n paar uitsonderlike vroue in die Vaaldriehoek te kuier.

Lees meer oor Wilna Lambrechts wat die mooiste mooi dooprokkies ontwerp op bl. 11 en dan het ek ook by Elizna Denpers gedraai wat so pas haar doktoraal in musiek voltooi het.

Ons maak nader kennis met Rina de Klerk wat al vir 52 jaar lid van die Vroue Landbou-unie is en vier saam met Corrie en Annatjie Barnard hul 70ste huweliksherdenking.

Lekker lees en groetnis van huis tot huis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button