Local newsNewsNews

ANC-raadslede blokkeer toegang na munisipale kantore

VANDERBIJLPARK. - "Die ANC-raadslede in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se blokkering van die burgersentrum met hul motors is onaanvaarbaar," sê raadslid Hein van der Lith van die VF Plus.

Dié raadslede het dit gedoen op aandring daarop om met die burgemeester, Sipho Radebe, te praat oor diensleweringsprobleme, korrupsie, onbevoegde amptenare en onbestede toekennings.

“Hierdie ANC-raadslede het soos die ander raadslede van politieke partye gereeld die geleentheid om tydens raadsvergaderings hul vrae oor aangeleenthede uit te spreek en dit onder die burgemeester se aandag te bring.

“Om nou die munisipale kantore te blokkeer en aan te dring op antwoorde dui op interne gevegte in die ANC,” sê rdl. Van der Lith.

Hy voer aan dat die VF Plus daagliks in gesprek is met die waarnemende munisipale bestuur, mnr. April Ntuli, asook met die burgemeester om diensleweringsprobleme uit te wys en op te los.

So was die party deel van die span wat die Vaalrivier se rioolbesoedeling aan die menseregtekommissie (MRK) uitgewys het en in detail die munisipaliteit se onbevoegdheid om verouderde infrastruktuur te vervang en onderhoudswerk te doen, uit te wys.

“Die VF Plus los ook dikwels diensleweringsprobleme op deur druk op die munisipaliteit uit te oefen sonder om munisipale kantore te blokkeer.

“Dit is tyd dat die ANC-raadslede die VF Plus se voorbeeld volg en op ʼn konstruktiewe manier bydra tot dienslewering aan die inwoners van Emfuleni,” sluit hy af.

Die ANC-raadslede wat die ingang na die munisipale kantore in Vanderbijlpark blokkeer. Foto: Verskaf

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button