Local newsNewsNews
Vind jou weg na Wieledag by LS Risiville
Dinsdag 21 Maart is 'n vakansiedag en as jy na bekostigbare vermaak vir die hele gesin soek, is NG Drie Riviere-Oos se jaarlikse Bus van Hoop Wieledag net die regte oplossing.
VEREENIGING. – Die gewilde Bus van Hoop Wieledag, wat jaarliks deur NG Drie Riviere-Oos gehou word, vind weer op 21 Maart plaas.
Die fondse wat geïn word gaan vir die kerk se Bus van Hoop-projekte, waarmee hul behoeftige mense in die Vaaldriehoek help.
Die Bus van Hoop Wieledag word by die Laerskool Risiville gehou en die verrigtinge begin reeds om 08:30. Toegang is R20 vir volwassenes en hoërskool leerlinge. Toegang vir laerskool leerlinge en jonger is gratis.
Daar sal pragtige motors te sien wees, ‘n aantal stalletjies, en natuurlik sal daar heerlike eetgoed te koop wees.
Vir enige navrae skakel asb vir Ds Chris Olivier by 082 518 0852.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
