Local newsNews
Oudleerlinge onthou laerskool se ‘toeka-jare’
Oudleerlinge van die Laerskool Japie Greyling het onlangs lekker saamgekuier en staaltjies uit die ou dae herroep.
MEYERTON. – Oudleerlinge van die Laerskool Japie Greyling in Daleside het op 4 Maart saamgetrek vir die ‘Van toeka tot nou’-reünie, wat by die restaurant Taste Budz in Henley-on-Klip gehou is. Die skool het aanvanklik as Daleside Laerskool bekendgestaan en is later herdoop tot die Laerskool Japie Greyling. Die skool het ‘n paar jaar gelede weer ‘n naamverandering ondergaan en staan nou bekend as die Laerskool Randvaal.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
