Local newsNewsNews

EFF protesoptrede langs Ou Johannesburgweg vinnig in die kiem gesmoor

Pogings deur EFF-lede om Ou Johannesburgweg naby Roshnee met brandende bande te versper het Maandagoggend (20 Maart 2023) misluk toe privaatsekuriteitsmaatskappye en die polisie se onluste-eeheid vinnig 'n stokkie daarvoor gesteek het.

VEREENIGING. – Die protesoptrede het maar gesukkel om hier wortel te skiet toe plaaslike privaatsekuriteitsmaatskappye en die polisie se onluste-eenheid by die toneel opgedaag het om te verseker dat verkeer nie ontwrig word nie.

Kort voor lank het die betogers een vir een van die toneel af verdwyn. Tydens Vaalweekblad se besoek aan die toneel was daar wel oorblyfsels van gebrande bande sigbaar.

In Vereeniging se middestad was dit betreklik stil tydens Vaalweekblad se besoek.

‘n Groep taxi-bestuurders het voor General Smuts High School gestaan om te verseker dat wet en orde hier gehandhaaf word.

*Hoe lyk die situasie tans by jou? Laat ons weet in die kommentaar op Facebook.

Lede van die polisie se onluste-eenheid langs Ou Johannesburgweg (R82) waar betogers vanoggend die pad probeer versper het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button