Local newsNewsNews

Blink toekoms vir Vaaldriehoek modelle

Die Central South Africa Pageant vier hul tweede bestaansjaar en van hul 2022 Emmisaries sê hul het 'n opwindende jaar agter die rug.

VANDERBIJLPARK. – Die Central South Africa Pageant (CSAP) se tweede bestaansjaar is volspoed aan die gang.

Hul eerste Emissaries (ambassadeurs) tree nou uit en inskrywings vir die verskillende Emmisaries vir 2023 sluit 31 Maart 2023.

Alicia Olivier (17) ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Transvalia sê haar jaar as Miss Teen Emisarry was propvol pret en harde werk.

Alicia Olivier. Foto verskaf

Sy het dit so geniet dat sy en Mr Emissary 2022 Etienne Joseph hul nou as permanente lede van Werner Volschenk se CSAP-span aansluit.

Sy het dit veral geniet om die jonger kinders te mentor tydens verlede jaar se finale week van die CSAP-pageant.

Alicia was ook ‘n voorbok by al die liefdadigheidswerk wat CSAP deur die loop van die jaar georganiseer het.

“Dit was ‘n handvol so tussen die skoolwerk deur, maar dit was uit en uit die moeite werd,” vertel sy.

Werner beskryf haar as sy Sterretjie en sê hy weet nie hoe hy die eerste jaar van CSAP bedrywighede sou oorleef het sonder haar en Etienne nie.

Alicia was vier jaar oud toe sy met modelklasse begin het, maar het eers in 2021 vir die eerste keer vir die Vaal Pageant 2021 kompetisie ingeskryf.

Dis hier waar Werner haar raakgesien het en haar oortuig het om vir CSAP in te skryf.

“Dit was die beste besluit wat ek kon neem. Ek het soveel nuwe dinge geleer en selfvertroue gekry,” sê sy.

In Augustus 2022 het sy die Miss Rainbow Nation se Overall Grand Prix gewen asook Public Choice en Miss Personality.

Alicia het nou die geleentheid om Suid-Afrika in die Talent America Pageant te gaan verteenwoorder.

Dit vind in New York plaas en sy benodig heelwat fondse om hierdie droom van haar te verwesenlik. Enige donasie is welkom. Vir meer inligting gaan na https://gogetfunding.com/new-york-pageant/.

Mr. Emissary 2022 Etienne Joseph is tans ‘n tweedejaarstudent aan die NWU se Vanderbijlparkkampus.

Sy groot droom is om ‘n kliniese sielkundige of opvoedkundige sielkundige te word.

“Ek het nog vyf jaar se studies wat voorlê, maar ek weet ek sal dit kan doen,” vertel hy rustig.

Etienne is ‘n ou hand met modelwerk en het al heelwat titels agter sy naam, onder andere Mr Teen Vaal 2018/9. Die oudleerling van Hoërskool Driehoek doen al modelwerk vandat hy 9 jaar oud is.

Hy het sy oog op die Mr Teen World South Africa titel die jaar. Mense kan vir hom stem om as semi-finalis te kwalifiseer deur WSAP Etienne 1221 te SMS na 47439 teen R3 per SMS.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button