Local newsNewsNews

Emfuleni-burgemeester bly in sy stoel

Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Sipho Radebe, bly in sy stoel nadat nog 'n poging om hom te verwyder misluk het.

VANDERBIJLPARK. – Stemmery het vanmiddag plaasgevind tydens ‘n spesiale raadsvergadering waaruit Vaalweekblad se verslaggewer vroeër vanoggend weggejaag is deur die speaker, rdl. Sibongile Soxusa.

Vaalweekblad verneem van betroubare bronne in die raadsal dat altesaam 33 raadslede gestem het dat Radebe uit sy stoel gelig moet word, terwyl 41 raadslede gestem het dat hy moet bly.

Altesaam 14 stembriewe is bederf.

Volgens die DA se koukusleier in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl Tebogo Thlokwe, is die mosie teen Radebe weens die volgende redes ingesel:

*Radebe se versuim om ononderbroke dienslewering te lewer.

*Die versium om inkomste-invordering te maksimeer, selfs al het die DA die burgemeester en sy burgemeesterskomitee gewys op die regte rigting en advies van oningevorderde geld wat aan die munisipaliteit verskuldig is, R4,5 miljoen om presies te wees van 8 huise in Vanderbijlpark.

*Gebrek aan politieke wil om die waardigheid van Emfuleni-inwoners te handhaaf deur rioolstortings, slaggate, langdurige water- en elektrisiteitsonderbrekings, nie-verwydering van rommel en onwettige rommelstorting toe te laat.

*Die versuim om verkeerde fakturering reg te stel.

*Die versuim om geskille voldoende op te los,

*Die besluitelose uitvoerende leierskap in die munisipaliteit, en

*Die verontagsaming van die oppergesag van die wet

 

Sipho Radebe. Photo: Lazarus Dithagiso
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button