Local newsNews
Bejaarde se hondjie saam met bakkie gesteel in Drie Riviere
Wees asseblief op die uitkyk vir die hondjie, Rusty, en laat weet Michele by 083 680 6632 as julle hom dalk sien.
VEREENIGING. – ‘n Bejaarde man se rooi, ou-model Nissan-bakkie is vanmiddag in Drie Riviere naby Standard Bank gesteel. Hoewel die verlies van sy bakkie ‘n groot terugslag vir die oom is, is die ergste dat sy hondjie, Rusty, saam met die bakkie gesteel is.
Die oom is ontroosbaar hartseer oor sy hondjie.
Rusty is ‘n roeskleurige “pavement special” en lyk bietjie na ‘n Maltees. Daar word gehoop dat die kardiewe die hondjie iewers afgelaai het. As iemand hom dalk langs die pad of in ‘n woonbuurt opmerk, kontak asseblief vir Michele by 083 680 6632.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
