Midvaal belê R11.7 miljoen in die opgradering van paaie
Drie grondpaaie in Ohenimuri word teen R11,8 miljoen geteer.
OHENIMURI – Drie grondpaaie in Ohenimuri gaan teen ’n beraamde koste van R11,8 miljoen geteer word.
Volgens die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sluit die projek Felixlaan, Jannetlaan en Morkellaan in.
Die projekwaarde is R11 786 014,04 en die verwagte voltooiingsdatum is 26 Februarie 2027.
Die munisipaliteit sê die opgradering is daarop gemik om padtoestande en toegang vir inwoners te verbeter.
Dit word aangepak benewens die munisipaliteit se bestaande padinstandhouding en slaggatherstelwerk onder sy War on Potholes-veldtog.
Volgens die verklaring sal 11 klein-, medium- en mikro-ondernemings by die projek betrek word.
Daar word ook voorsiening gemaak vir die aanstelling van ses plaaslike werkers en ’n gemeenskapskakelbeampte.
