Familie baie bekommerd oor Sarel, wat sedert Dinsdag vermis word
As iemand inligting oor hom het, kontak asseblief vir Meloni by 074 605 0088
OPDATERING ONDER
Chantelle Rossouw laat weet:
My skoonsussie is op soek na haar vermiste broer, Sarel Greyling. Hy is Dinsdag die laaste keer gesien by sy werk by Habby & Lace (Vereeniging) waar hy ‘n karwag is. Die mense by sy werk sê hy was badkamer toe en hy het bleek gelyk en nie lekker gevoel nie. Daarna het hy vroeg geloop en niemand het hom weer gesien nie. Sy ma is baie bekommerd oor hom en sy sê hy sou al lankal na haar toe gekom het. Sy was by die polisiestasie waar sy hom as vermis aangemeld het.
As iemand enige inligting oor hom het, kontak asseblief vir Meloni Greyling by 074 605 0088. Baie dankie.

OPDATERING: Baie dankie aan almal wat die berig oor Sarel op Facebook gedeel het. Sy sussie, Meloni, het vanoggend (20 Mei) aan Vaalweekblad gesê Pastoor Tewis van Lochvaal/Emfuleni Welsyn het vanoggend vroeg laat weet Sarel is veilig by hulle. Melony het ook self telefonies met Sarel gepraat en hy sê hy is oukei. Geen verdere inligting oor wat sedert Dinsdag met Sarel gebeur het, is tans beskikbaar nie, maar Vaalweekblad is saam met die gesin dankbaar hy is ongedeerd.
