Vaalweekblad is weer te koop.
Hierdie week kuier ons by die Vaal se eie kokkedoor Pasch du Plooy.
Hy het gewoel met sy talente nadat hy KYKnet se Kokkedoor reeks in 2019 gewen het.
Die Charl du Plessis Trio is eersdaags by die Etienne Rousseau Teater te sien met hul treffer vertoning, 50 Ways to leave your lover.
Jy kan een van hul cds wen en dubbelkaartjies na die vertoning. Meer inligting op bl. 8.
In my rubriek, Ek sê maar net, raak ek bly oor straatligte wat skielik na meer as ‘n dekade in ons straat skyn, maar dan totaal verward oor ELM se nuwe terme waarmee hul ons bombardeer, nl. “rotational blackouts” en “load reductions.”
Blyk net van toepassing te wees op inwoners van A14, dis nou die CW-areas, van die kleinhoewes, Bophelong en Bonnane.
Dan is daar natuurlik ook heelwat nuus, die blokraai en dinge wat in en rondom die Vaal gebeur.
Lekker lees en bly warm.
Groetnis van huis tot huis
