Wen kaartjies vir Charl du Plessis Trio
Die Charl du Plessis Trio is eersdaags in Sasolburg op die verhoog. Lees meer oor hoe om kaartjies na die vertoning te wen.
SASOLBURG. – Die Etienne Rousseau Teater skud vere reg vir ‘n uitsonderlike vertoning van die Charl du Plessis Trio Sondag, 28 Mei om 15:00.
Die Charl du Plessis Trio is een van die mees erkende instrumentale ensembles in Suid-Afrika.

Hulle het reeds nege albums die lig laat sien, vier SAMA toekennings verower en tree gereeld in Europa en Oos-Asië op.
Hul styl kombineer klassieke musiek met invloede van jazz, pop en ander eklektiese style. In hulle nuutste program speel hulle musiek van Bach, Grieg se Peer Gynt Suite en nuwe verwerkings van ABBA en Paul Simon.
Die trio bestaan uit Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme).
Die vertoning genaamd, 50 Ways to leave your lover, beloof om vermaak van die hoogste gehalte te verskaf. Kaartjies beloop R250 per persoon en R200 vir persone 60+.
Staan ‘n kans om dubbelkaartjies na die vertoning en die trio se album, IMAGINE wat hul in Switserland opgeneem het, te wen.
Al wat jy hoef te doen is om ‘n 2 – 4 reël humoristiese versie te skryf in Afrikaans of Engels met die tema, 50 maniere om iemand af te sê.
Stuur inskrywings na gerda@mooivaal.co.za. Die sluitingsdatum is Woensdag, 24 Mei om 12:00. Die wenners al in Vaalweekblad van 26 Mei aangekondig word.
