Oudstaatsaanklaer waarsku: Pas op vir ‘behulpsame siel’ by dié OTM
"Ek hoop die winkelsentrum/motorhawe waar hierdie OTM is, tree pro-aktief op. As ons mekaar nie waarsku nie, gee ons sulke misdadigers die groen lig om die volgende slagoffer te vang."
‘n Voormalige staatsaanklaer van Vanderbijlpark skryf:
Wees asseblief bedag wanneer julle die outomatiese tellermasjien (OTM) by Fitzsimmonstraat se winkelkompleks (“groot Spar”) in SE6 gebruik.
Dit wil voorkom asof daar weer ‘n klomp kriminele doenig is wat “card cloning” doen. Ek vermoed dat daar straks ‘n kaartleser-apparaat op die OTM gesit is.
Daar hang na bewering ook so ‘n siel rond wat erg behulpsaam probeer wees, maar my man is netjies in die strik gevang en binne twee minute, terwyl hy besig was om telefonies met die bank te praat om sy kaart te kanselleer, is R4 000 uit sy rekening getrek.
Sewe minute later het die krimineel probeer om met my man se kaart, wat intussen deur die OTM “gesluk” is, aankope in ‘n winkel te doen. Gelukkig was die kaart toe reeds gekanselleer.
Daarna het al die moeite en frustrasie gevolg om bank toe te gaan sodat die voorval formeel gerapporteer en ‘n nuwe kaart gekry kon word – nie dat dit of ‘n dossier by SAPS gaan help nie (my oorwoë mening).
My man voel dis futiel om verdere stappe te doen en ek stem eintlik saam met hom. As afgetrede staatsaanklaer weet ek baie goed dat dit tydmors sal wees…
As jy vermoed dat enige OTM met ‘n vals kaartleser gesaboteer is, of as daar ‘n oorywerige sot in die omgewing rondhang, rapporteer dit asseblief en waarsku ander mense sodat daar nie nog slagoffers is nie!
Ek hoop die winkelsentrum/motorhawe waar hierdie OTM is, tree pro-aktief op. As ons mekaar nie waarsku nie, gee ons sulke misdadigers die groen lig om die volgende slagoffer te vang. Wees asseblief bedag.
********************************************************************************
ISS-Investigations – For All your Investigation Requirements:
Should you Suspect your Partner of Cheating?
Should you Suspect a Family Member Caught in a Romance Scamming Relationship?
Should you Suspect your Teen Daughter / Son are Communicating with the Wrong Persons on their Cellphones? Click on the photo for more information on how to get help fast! 
