Local newsNews

DIT is hoekom die Vaal se mense die naweek so gebibber het!

Dit was die naweek ysig in die Vaaldriehoek maar warmer weer word darem vir die res van die week voorspel.

Dit was die afgelope naweek ysig koud in die Vaaldriehoek! Inwoners het Vrydagoggend al begin voel hier kom ‘n ding. Dagtemperature was die naweek rondom 17 grade maar met die snydende, ysige windjie was die aanvoelbare temperatuur aansienlik kouer. Daar is ook plekke in die Vaaldriehoek, soos langs die Vaalrivier, waar die eerste ryp van die jaar voorgekom het.

Dis geen wonder ons het so koudgekry nie, want dit het van einde verlede week af redelik kwaai begin sneeu op die suidelike deel van die Drakensberge en in die Sani-pas in Lesotho.

Kyk hier onder na foto’s wat vakansie-oorde in daardie omgewing op Facebook geplaas het. Mens kan sommer sien daardie koue het reguit Vaaldriehoek se kant toe getrek! :-)

Gelukkig voorspel die SA Weerdiens heelwat warmer weer vir Vereeniging en omstreke die res van die week – met dagtemperature wat Donderdag tot so hoog as 29 grade kan klim voordat dit teen die naweek weer koeler gaan word.

Hou maar julle warm komberse en dik baadjies byderhand… dis nou net ‘n kwessie van tyd dan is die Winter régtig hier!

 

Madie Botha het dié foto die afgelope naweek by Silver Stream selfcatering accommodation in die suidelike deel van die Drakensberge geneem.
So het dit die naweek by ‘n toerisme-oord in die Sani-pas gelyk
‘n Sneeufoto wat die naweek deur personeel van Eland Valley Resort naby Underberg in KwaZulu/Natal geneem is.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button