Meyerton-vegters ryg medaljes by nasionale kampioenskappe in
Vegters van Meyerton Fighting Systems onder leiding van Sensei David Kies het die medaljes ingeryg toe hulle tussen 28 en 30 April aan Skopboks Suid-Afrika (SAKA) se nasionale kampioenskappe in Lephalale deelgeneem het.
MEYERTON. – Die vegters van Meyerton Fighting Systems het die Vaaldriehoek se naam hoog gehou by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
Hulle het altesaam ses goue medaljes, nege silwer medaljes en vier brons medaljes ingepalm.
Goud: Hendre Robbertse, Anika Storm, Daniel “DJ” Jacobs, Lezane van Schalkwyk, San-Mari Geldenhuys en Riekert Harmse het almal eerste plekke in hul afddelings behaal.
Silwer: Christopher Engelbrecht en Iliana Robertse het twee silwer medaljes ingepalm. Reimund Engelbrecht, Jaydene Kriel Wyk, Carla Coetzer, Willem van Straaten en Phillip de Klerk het ook tweede plekke behaal.
Brons: Anika Storm het twee brons medaljes behaal. Christiaan Coetzer en Carla Coetzer het ook derde plekke behaal.

