Local newsNews

Dokkies se o14’s troef Overvaal

Die skole krieketseisoen is in volle swang en die onderskeie spanne laat hul teenstanders goed les opsê.

MEYERTON – Hoërskool Dr. Malan en Hoërskool Overvaal se o14-krieketspanne het in die week kragte gemeet.

Overvaal het eerste gekolf en was 84/9 na 20 boulbeurte. Dokkies se Beon Marais het drie paaltjies geneem en slegs 17 lopies afgestaan, terwyl Kelvin Masters vier paaltjies vir 16 lopies laat kantel het.

Dr. Malan het in hul beurt die telling vinnig nagejaag en die verlangde lopies binne 6.1 boulbeurte bereik met net twee paaltjies plat. Beon Marais het ʼn skitterende 71* van 24 balle geslaan.

Dokkies wen die wedstryd met 8 paaltjies. Dr. Malan het hul o14’s op hul Facebookblad geprys en gesê: “Ons is ONGELOOFLIK trots op ons o14-krieketspan met hulle PUIK oorwinning teen Overvaal! Julle het gewys wat spanwerk, deursettingsvermoë en Dokkie-trots beteken.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button