Dis koud, maar die babers byt nog
Die winter is hier en vangste is heelwat moeiliker as in die somer maande.

SASOLBURG. – Die Hap en Kap Hengelklub van die dorp het sy maandkompetisie op 20 Mei 2023 by Morgenzon, Vaaldam buite Oranjeville gehou.
Die 11 hengelaars wat die koue trotseer het, kon daarin slaag om 66 vis (61,920 kg) in te weeg vir punte.
Hennie Greyling het verras met sy baber van 11,330 kg. Gewoonlik is die babers minder aktief in die koue weer. Hy was ook die veteraan wenner met 11 vis (17,335 kg).

Dawie Janse van Rensburg was die senior wenner met 14 vis (12,405 kg).
Die dames wenner was Corrie Taljaard met 2 vis (0,340 kg).
Die swaarste spesies was:
Karp – Kit Taljaard 2,435 kg; graskarp – Dawie J v Rensburg 2,230 kg; en moddervis – Wimpie Willemse 0,665 kg.
Belangstellendes at graag kompeterend wil hengel kan Leon Meyer skakel by 083 7754 639.


