Local newsNewsNews

Duisternis dreig weens ELM se slegte skuld

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het vandag in 'n mediaverklaring gesê groot dele van Emfuleni stuur op algehele duisternis af weens die munisipaliteit se bankrekening wat die afgelope drie maande deur Randwater, en vanaf verlede jaar deur Eskom gevries is.

Eskom het verlede week ʼn stap verder gegaan en beslag gelê op Emfuleni se beleggingsrekening.

Indien die munisipaliteit vir skuldverligting by Eskom aansoek doen, kan die elektrisiteitverskaffer moontlik die beslaglegging op dié rekening lig.

Die munisipaliteit kan tans nie krediteure of kontrakteurs betaal nie en die gevaar bestaan dat die kragnetwerk totaal in duie kan stort.

Die gebiede wat die meeste onder kragonderbrekings deurloop is Stephanpark, Boipatong en die sake gebied van Vanderbijlpark.

Die enigste oplossing om dié gebiede se kragprobleme op te los, was om Eskom te nader vir kwytskelding van beurtkrag en ladingsvermindering toe te pas.

Dit is egter nie volhoubaar nie omdat die enigste transformator wat die gebied bedien, oorverhit en nie die lading veel langer sal kan hanteer nie.

Die Townsubstasie vanwaar die krag versprei word na dié gebiede, benodig drie MVA-transformators om te sorg dat kragvoorsiening volhoubaar is.

Die kontrakteur wat aangestel is om die twee onklaar transformators te vervang, is nie betaal nie. Om dié proses van vooraf te begin, sal inwoners tussen 12 en 18 maande moet wag voordat die kragtoevoer gestabiliseer is.

Indien Eskom besluit om beurtkrag weer in die gebiede toe te pas, sal die enigste transformator waarskynlik ingee en inwoners in totale duisternis laat.

Die res van Emfuleni se substasies ondervind ook probleme wat gou aangespreek moet word. Die probleme hou egter nie op met kragvoorsiening nie. Weens ʼn tekort aan geld, voertuie en onderdele, word rioolverstoppings en waterlekkasies nie herstel nie.

Eskom het Oktober verlede jaar op die munisipaliteit se vloot beslag gelê wat dienslewering basies tot stilstand geruk het.

Die VF Plus het die ANC-beheerde Emfuleni-munisipaliteit al telkens gewaarsku om sy wanbestuur te stop en het voorstelle ingedien hoe om die munisipaliteit van totale verval te red.

Die ANC beskik nie oor die politieke wil of vermoë om Emfuleni te red nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button