Local newsNewsNews

Hannon maak mooi vir liefdadigheid

Die bekende mode- en skoonheidsghoeroe en mede-eienaar van die HANNON-handelsmerk, Hannon Bothma, besoek op Woensdag 31 Mei die Klip River Country Estate naby Meyerton om sy kennis oor hare en grimering te deel.

MEYERTON. – Hannon se besoek is ter insameling van fondse vir Trimed Mediese Sentrum, ‘n sub-akute verplegingsentrum in Drie Riviere.

Die geleentheid skop om 10:00 by die Klip River Country Estate by 2 McKay Estates langs Donald Road af.

Kaartjies is beskikbaar teen R200. Daar sal ‘n gelukstrekking wees en gelukkige kaartjiehouers staan die kans om ‘n “mini-makeover” deur Ansie Nel en Zani Cilliers te ondergaan.

Skakel Zani Cilliers by 082 320 5650 of Ansie Nel by 083 560 6086 om plek te bespreek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button