‘n Gevaar in die chemieklas
"Hoe hanteer mens die situasie? Die gesmeek om dit te verwyder gaan al vir meer as drie jaar aan. Ek is al raadop."
‘n Besorgde onderwyseres van die Vaaldriehoek skryf:
Goeiedag almal. Ek het dringend raad nodig asseblief. Ek sit met horing-oue chemikalieë in ‘n kas agter in my klas. Die goed is al so oud – dit besig is om die metaal van die kas op te vreet en te laat roes. Van die bottels is al opgeswel.
As mens in die oggend in my klas instap dan ruik jy net chemikalieë. En die kidnders kla ook al daaroor. Ek is 100% seker dis nie gesond vir my of die kinders om in die klas te wees nie aangesien mens kan voel jou bors krap en mens hoes meer daar binne. Ek het al hoeveel keer by die hoof en onderhoof daaroor gaan kla maar niks word daaraan gedoen nie. Daar word net beloftes gemaak en niks verder nie. Ek het al kundige mense gebel om dit te kom verwyder, maar die skool wil nie die koste daarvan dra nie. Ek het al idees gegee om van dit ontslae te raak… Steeds niks.
Hoe hanteer mens die situasie? Die gesmeek om dit te verwyder gaan al vir meer as drie jaar aan. Ek is al raadop.
* Vaalweekbladlesers het die volgende raad op Facebook gegee: Stel ‘n amptelike beswaarskrif op en laat die ouers dit onderteken. Oorhandig dit aan die skoolhoof en gee ‘n afskrif aan die voorsitter van die skool se beheerliggaam. Indien die skool nie binne ‘n bepaalde tyd reageer nie, meld dit namens die ouers by die Departement van Onderwys aan. Eis dat die chemikalieë deur bewese kenners verwyder word want dit kan katastrofies wees as dit deur leke hanteer word. Laat weet sommer ook vir Vaalweekblad watter skool dit is. (Red).
