Local newsNewsNews

Handewas en skoon water om cholera te voorkom

Die Gautengse departement van gesondheid raai die publiek aan om by hul naaste gesondheidsfasiliteit aan te meld indien hulle simptome van cholera wat diarree, braking, koors, naarheid, dehidrasie en maagkrampe toon.

Die waarskuwing volg nadat die dodetal weens die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, teen Woensdag tot 17 gestyg het en 165 mense by die Jubilee-distrikshospitaal met cholera-simptome opgeneem is.


‘n Verdere 18 pasiënte is by gesondheidsorgfasiliteite in Tshwane opgeneem.


Altesaam 51 bevestigde gevalle van cholera is reeds landwyd aangemeld in die nuutste uitbraak.


Cholera is ‘n infeksie van die dunderm deur die bakterie Vibro cholerae veroorsaak word en word hoofsaaklik versprei waneer mens besmette water drink of besmette kosse eet.

Cholera-bakterieë onder die mikroskoop. Foto: Wikipedia


Dit kan tot sterfte ly indien die pasiënt nie vining en doeltreffend behandel word nie.


Die simptome van cholera begin tussen ’n paar uur tot vyf dae na besmetting en dit neem gewoonlik 2-3 dae vanaf besmetting voordat simptome ervaar word.


Mense kan cholera oordra wanneer hulle kos hanteer sonder om hul hande te was, of wanneer ‘n waterbron met ontlasting besmet word.


Gemeenskappe wat nie toegang tot skoon water het nie of vuil eetgery gebruik om mee te eet staan ‘n verhoogde risiko om die siekte op te doen.


Mense word aangeraai om hul hande gereeld met seep en skoon water te was nadat hulle die toilet gebruik het of voor hulle kos hanteer.


Dit kan help om die oordrag van cholera te voorkom.


Mense word ook aangeraai om hul water vir ten minste ‘n minuut te kook om van moontlike bakterië in drinkwater ontslae te raak.


Jy kan ook een teelepel bleikmiddel met 25 liter water meng, of twee druppeltjies bleikmiddel per liter water en 30 minute wag vir die water om ontsmet te word.


Behandelde water moet altyd in ‘n houer met ‘n deksel gestoor word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button