Laaste kans om kaartjies te wen!
Wen dubbelkaartjies na die Charl du Plessis Trio vertoning. Kompetisie sluit 12:00. Lees hier meer oor hoe, waar en wanneer.
SASOLBURG. – Sondagmiddag, 28 Mei tree die Charl du Plessis Trio op by die Etienne Rousseau Teater.
Staan ‘n kans om dubbelkaartjies na die vertoning te wen en die Trio se IMAGINE album wat in Switzerland opgeneem is.

Stuur ‘n 2-4 reël humoristiese versie in Afrikaans of Engels onder die tema: 50 Ways to leave your lover na gerda@mooivaal.co.za voor 24 Mei om 12:00.
Die wenner sal in Vaalweekblad van 26 Mei aangekondig word.
Daar is alreeds oulike inskrywings ontvang, so laat die kreatiwiteit vloei en stuur in die versies!
Die vertoning begin om 15:00. Charl het laat weet hulle gaan ‘n verskeidenheid van musiek speel, van Bach se Brandenburg Concerto en melodieë van Edvard Grieg tot by treffers van ABBA en Paul Simon.
Daar is nog kaartjies vir die vertoning beskikbaar teen R250 per persoon en R200 vir persone 60+. Bespreek by www.ertickets.com
