Local newsNews

Outdoor X: Grootste buitelugskou bied ook iets vir die oor!

Vrolike musiek gaan heeltyd verskaf word deur vermaaklikheidsterre soos Jan Jan Jan, Piet Pompies, Beeskraal, Sean Miles, RNK Band, Bad Peter, Fatman, Fritz Gunther, Bloumoord en die Wildberries!

Buitelewe-geesdriftiges tel al die dae af na 2 Junie, wanneer vanjaar se Outdoor X by Hartsfeld Plaas in Midvaal begin! OUtdoor X, die grootste ekspo van sy soort in Suid-Afrika, begin Vrydag en hou aan tot Sondag 4 Junie.
Teen toegang van net net R120 vir volwassenes en R60 vir kinders van 6 tot 12 jaar is dit ‘n lekker bekostigbare fees vir die hele gesin. Kleingoed jonger as 6 kry gratis toegang. Koop jou kaartjies vooraf aanlyn by https://outdoorx.co.za/buy-your-tickets/ en kry dit goedkoper as op die dae by die hekke!
Besoekers gaan vanjaar nie net honderde diensverskaffers se uitstallings in 12 verskillende buitelewe-kategorieë kan sien nie. Daar is ook iets vir die oor, met vrolike musiek wat elke dag deur bekende sterre soos Jan Jan Jan, Piet Pompies, Beeskraal, Sean Miles, RNK Band, Bad Peter, Fatman, Fritz Gunther, Bloumoord en die Wildberries verskaf gaan word.

Kom kuier vanaf 2 tot 4 Junie saam by Outdoor X, sit terug, smul aan lekker kos en geniet iets te drinke terwyl jy na die musiek luister. Bring die hele gesin en onthou om lekker gemaklike skoene aan te trek om die pragplaas propvol uitstallings plat te stap.
Besoek die Facebook-blad OutdoorXpo vir nog inligting oor dié plesierige fees.

Die gewilde sanger Sean Miles is een van vele kunstenaars wat by Outdoor X gaan optree. Hier is hy met ‘n splinternuwe toevoeging tot sy huishouding… sy hondjie Nova.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button