Local newsNewsNews

Uit my pen – die Week in Vaalweekblad

Lees hierdie week meer oor Vanderbijlpark se Town Sub probleme, die GrootJol in Afrikaans en nog baie meer.

Daar is weer baie om te lees in hierdie week se Vaalweekblad.

Ek het aan’t huis gaan kuier by amateur radioman Riaan Greeff, asook ‘n draai gaan maak by Peace of Mind skool vir kinders met outisme in Vaalpark.

Dan was daar die GrootJol in Afrikaans wat die naweek plaasgevind het. Elsje het mooie foto’s geneem, terwyl ek die storie geskryf het.

In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek hoeka hoe Saterdag in ‘n dag van twee seisoene by daardie einste Jol ontaard het.

Saam met al die goed-voel stories, is daar baie slegte nuus vir Vanderbijlpark se inwoners wat hul krag van Town Sub kry, asook ‘n hartseer storie oor twee vriendinne wat hierdie week in ‘n ongeluk oorlede is.

Onthou om jou Vaalweekblad vanaf 26 Mei te koop.

Groetnis van huis tot huis

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button