Nuwe De Niro-Komedie, About My Father, gaan jou ontroer EN laat lag!
Maak gereed vir ’n skreeusnaakse en hartroerende komedie wat die kompleksiteit van familieverhoudings ondersoek!

ABOUT MY FATHER, met die legendariese Robert De Niro in die hoofrol, is losweg gebaseer op die lewe van die Italiaans-Amerikaanse komediant, Sebastian Maniscalco, en is vanaf 26 Mei 2023 in plaaslike bioskope te sien!
Die fliek, met as Laura Terruso regisseur, volg die storie van Sebastian (Maniscalco) en sy pa Salvo (De Niro). Salvo, ’n hardkoppige Italiaans-Amerikaanse haarkapper, ry sy seun se pogings om sy meisie Ellie (Leslie Bibb) – met wie hy graag wil trou – se welgestelde en effens eksentrieke familie te beïndruk.
Die drama begin wanneer Salvo Sebastian oortuig om hom saam te vat na haar familie se Onafhanklikheidsdag-wegbreek op hulle somerlandgoed. As ’n eerstegenerasie-immigrant het Salvo nog altyd die Amerikaanse droom nagejaag, terwyl Ellie se gegoede familie dit daagliks leef. Verder, verskil sy koue en emosielose benadering hemelsbreed van die van haar warm en liefdevolle gesin. Die resultaat is dat die naweek ontaard in, wat kan beskryf word as, ’n kombinasie van kultuur- en generasie-geskille met verrassende gevolge.
Die storielyn is geïnspireer deur Maniscalco se eie ervaring toe hy sy vrou se familie moes ontmoet. ABOUT MY FATHER kry dit reg om op ’n slim manier te wys wat gebeur wanneer twee gesinne, uit verskillende sosio-ekonomiese agtergronde, gedwing word om ’n naweek saam te spandeer en mekaar se oortuigings uitdaag. Gedurende dié proses ontdek hulle egter dat dit juis hulle verskille is wat hulle uniek maak. Alhoewel die rolprent skreeusnaakse tonele bevat, is daar ook warm, emosieblaaide oomblikke.
Buiten vir Maniscalco en De Niro, spog ABOUT MY FATHER ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, wat Kim Cattrall, David Rasche, Brett Dier en Anders Holm insluit as Sebastian se aanstaande skoonfamilie.
Volgens Austen Earl, wat saam met Maniscalco aan die draaiboek gewerk het, kan die fliek nie net beskryf word as ’n romantiese komedie nie, maar ook ’n rolprent oor die verhouding tussen ’n seun en sy pa. Die reis wat Sebastian ondergaan vanaf die punt dat hy sy pa as ’n verleentheid sien, tot die besef dat sy pa help vorm het aan wie hy is, vorm die kern van hierdie hartroerende verhaal.
ABOUT MY FATHER herbevestig die waarde van familie en liefde en herinner die kyker dat dit soms nodig is om mekaar halfpad te ontmoet wanneer dit by familie kom.
“Almal het ’n familielid met wie hulle nou en dan koppe stamp, maar op die einde van die dag gaan dit oor familie en ons liefde vir mekaar,” sluit Maniscalco af.
Die rolprent word plaaslik versprei deur Filmfinity Pty (Ltd.) en sal in die Vaaldriehoek te sien wees by Ster Kinekor Vaal Mall.
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=wvzjkBWoZjw
| ONAFHANKLIKE TEATERS |
| Atlanta Cinema |
| Epic Mall@Reds |
| Epic Northridge |
| Epic Sun City |
| Grandwest Cine Centre |
| Midlands Cine Centre |
| Movies@Emnotweni |
| Movies@GoldReef |
| Movies@Monte |
| Movies@Silverstar |
| Suncoast Cine Centre |
| The Grove Windhoek |
| NU METRO |
| NM Arcades |
| NM Ballito |
| NM Bedford |
| NM Boardwalk |
| NM Canal Walk |
| NM Clearwater |
| NM Cornubia |
| NM Emperors |
| NM Galleria |
| NM Giyani |
| NM Hyde Park |
| NM Loch Logan |
| NM Menlyn Park |
| NM Mountain Mill |
| NM Pavilion |
| NM The Glen |
| NM The Strip |
| NM Trade Route Mall |
| NM Westgate |
| NM Woodlands |
| STERKINEKOR |
| Blue Route |
| Brooklyn Commercial |
| Cape Gate |
| Carnival City |
| Cradlestone |
| Cresta |
| East Rand Mall |
| Eastgate |
| Gateway Commercial |
| Greenstone Mall |
| I’langa Mall |
| Kolonnade |
| Mall of Africa |
| Manda Hill |
| Maponya Mall |
| Matlosana Mall |
| Rosebank Nouveau |
| Rustenburg |
| Sam Levy |
| Sandton |
| Shelly Beach |
| Sterland |
| The Grove |
| V & A Waterfront |
| Vaal Mall |

